Kry Jou Eie Funksionele Plaasstal

JOU EIE PLAASWINKEL VIR DIE ENTREPRENEUR IN JOU!

VOORDELE

REDE EEN

Landwyd & Streeksgerig

As kreatiewe medewerkers ontwerp ons Plaasstaleienaars hul eie winkel op die Plaaslekker Virtuele Mark.

Sodoende kan jy jou vars produkte, handgemaakte produkte en dienste direk aan jou plaaslike gemeenskap bied.

Die unieke nismark maak dit moontlik vir elke boer en verbruiker om deel te wees van ons strewe om voedselsekerheid te vestig.

Wat ‘n verfrissende wen-wen keuse om die plaaslike mark met u talent en koopkrag te bereik!

VOORDELE

REDE TWEE

Jou Eie Beheerpaneel

Ons gebruikersvriendelike beheerpaneel bied plaasstaleienaar kitstoegang tot produkteplasing en winkelbestuur.

Vanaf jou beheerpaneel kan jy moeiteloos produkte skep, bestellings opspoor, fondse onttrek en nog baie meer.

Dit alles vanaf een sentrale plek!

VOORDELE

REDE DRIE

Admin Kennisgewings

Ons gebruik die padstaleienaar se beheerpaneel om belangrike inligting met ons vennote te deel.

Ons Akademie vir Padstaleienaars bied entrepreneurswenke en artikels om eienaars kan lei om hul plaasstal te ontwerp, om produkte te laai en om hul aanlyn teenwoordigheid ten beste te benut.

Die Plaaslekker Bestuurspan kan met alle plaasstaleienaars kommunikeer via ‘n universele boodskapbord.

Die span kan ook vinnige aankondigings en opdaterings van die mark aan lede kommunikeer.

VOORDELE

REDE VIER

Fondsebestuur

Die Plaaslekker Bestuurspan kan outomaties kommissie aan plaasstaleienaars uitbetaal.

Of die plaasstaleienaar kan self uitbetaling van kommissie aanvra. Boonop kan die span en ons plaasstaleienaar al hul vorige transaksies opspoor en aflaai.

VOORDELE

REDE VYF

Bestuur van Sterbeoordeling

Die mark bied kopers die funksionaliteit om produkte wat hulle aangekoop het met die vyfsterstelsel te beoordeel. So hou ons die markstandaarde hoog.

VOORDELE

REDE SES

Kreatiewe Insette

Ons luister graag na die kreatiewe voorstelle van ons vennote – die paasstaleienaars. Stuur gerus jou idees oor nuwe kategorië en ander insette om die mark beter te bereik.

VOORDELE

REDE SEWE

Betroubare Betalingskanaal

Ons kopers koop ons virtuele produkte en dienste via die veilige Suid-Afrikaanse betaalplatvorm, WireCard.

So ook kan ons plaasstaleienaars hul vondse van verkope deur die WireCard stelsel aanvra of ons kan dit deur direkte bankoorplasing uitbetaal.

VOORDELE

REDE AGT

Koeponbestuur

Ons span kan markwye koepons opstel of plaasstaleienaars toelaat om ‘n koepon vir alle produkte met een klik uit te reik of as hulle verkies, kan hul koepons opstel vir elk van hul produkte of dienste.

‘n Goeie hulpmiddel om by die promosiestrategie van ons plaasstaleienaars te pas.

VOORDELE

REDE NEGE

Funksieryke Mark

Die Plaaslekker Mark bied plaasstaleienaars ‘n unieke nisgeleentheid, propvol raakvat funksies, om hul produkte & dienste bekend te stel aan hul onmiddelike omgewing. Produktipes sluit in:

  • Te Koop Produkte
  • Veiling Produkte
  • Subskripsie Produkte

bevestig

REDE TIEN

Ons is jou Vennoot

Ons is trots daarop om in ‘n hegte, deursigtige verhouding met ons landbouvennote te werk. Deur ons onderlinge toewyding om landbou streeksgewys te bemark, werk ons ​​saam om voedselsekerheid te bevorder.

Wêreldklas ondersteuning en deurlopende leiding is ons leuse!

OP JUL MERKE

PLAASWINKELS VIR DIE ENTREPRENEUR!

Maak Jou Plaasstal Oop