Gebraaide Groen Tamaties | Sarie

Jy kan nie help om aan die fliek Fried Green Tomatoes te dink terwyl jy dié maak nie. Maar ’n groentamatie is ’n variëteit wat ek nog nie in ons land raakgeloop het nie. Maak nie saak nie, ek het letterlik groen tamaties gebruik: dis nog nie ryp nie

  • 14 groen tamaties
  • 200 g geel kersietamaties
  • varsgemaalde swartpeper en sout
  • 5 takkies varstiemie
  • olyfolie

Sny elke groen tamatie in dik skywe. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor. Maak intussen ’n riffelpan baie warm. Braai die groen tamaties weerskante vir letterlik ’n paar minute. Geur met sout en swartpeper. Rangskik die tamaties op ’n bord. Sny die geel kersietamaties in die helfte en rangskik saam met die groen tamaties op die bord. Garneer met vars tiemie en sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor.

Om te drink
Dis ‘n uitdagende een … wyn en tamatie het albei ‘n hoe suurinhoud, so kies ‘n vrugte wyn soos De Wetshof se rhine rhiesling.

Source: Gebraaide Groen Tamaties | Sarie

Default image
Die Mark Span