Maklike Stappe Om Jou Plaasstal te Begin

JOU EIE PLAASWINKEL VIR DIE ENTREPRENEUR IN JOU!

PROSES

STAP EEN

Kies 'n Lidmaatskap Pakket

Ons bied boere gratis toegang tot die Plaaslekker Mark en al die funksies – van produkteplasing tot volledige winkelbestuur.

Sou jy graag daardie ekstra sprong wou maak, bied ons ekstra funksionaliteit teen ‘n billike maandelikse premie.

Begin klein en gradeer op wanneer jy gereed is!

PROSES

STAP TWEE

Registreer

As kreatiewe medewerkers ontwerp ons Plaasstaleienaars hul eie winkel op die Plaaslekker Virtuele Mark.

Sodoende kan jy jou vars produkte, handgemaakte produkte en dienste direk aan jou plaaslike gemeenskap bied.

Die unieke nismark maak dit moontlik vir elke boer en verbruiker om deel te wees van ons strewe om voedselsekerheid te vestig.

Wat ‘n verfrissende wen-wen keuse om die plaaslike mark met u talent en koopkrag te bereik!

PROSES

STAP DRIE

Verken Jou Beheerpaneel

Ons gebruikersvriendelike beheerpaneel bied plaasstaleienaar kitstoegang tot produkteplasing en winkelbestuur.

Vanaf jou beheerpaneel kan jy moeiteloos produkte skep, bestellings opspoor, fondse onttrek en nog baie meer.

Dit alles vanaf een sentrale plek!

PROSES

STAP VIER

Plaas Jou Eerste Produkte

Begin vandag foto’s van jou produkte neem en oplaai na jou plaasstal.

Die platform bied ‘n verskeidenheid voorafopgestelde Plaashoekies (Kategorieë)) waarbinne jy na hartelus sub-kategtorieë kan skep.

Drie Produktipes = Drie Goeie Redes

Indien jy nog wonder of Plaaslekker jou nuwe tuiste vir aanlyn produkverkope is, sien ons produktipes hier. En onthou – wêreldklas ondersteuning en deurlopende leiding is ons leuse!

Te Koop Produk

Veiling Produk

Inteken (Subskripsie) Produk

GEREED

WANT VERMORSTING IS MOS UIT DIE MODE!

Open Jou Plaasstal