Hoe Om Die Beste Foto’s Vir Jou Plaasstal Te Neem | Plaaslekker

So, jou plaas verkoop ongelooflike produkte. Jy doen moeite om voedsel te produseer wat volhoubaar gekweek word deur etiese boerderypraktyke te gebruik. Natuurlik wil jy hê dat potensiële kliënte die kwaliteit van jou produk moet waardeer – en weet wat hulle kry!

Of jy nou ‘n varkvleis verkoop, bekend vir sy varkvet, gesogte kalkoenrasse, of 25 variëteite van heirloom tamaties – jy wil foto’s van jou produkte hê wat reg laat geskiet aan hulle kerneienskappe.

We want to dig in to these strawberries!

Jy hoef nie eens ‘n professionele kamera te hê nie; selfone het so gevorderd geraak; al wat jy nog kortkom is ‘n paar vinnige wenke om dit reg te kry. Ons plaas hier wat jy moet weet om drie foto’s van jou produkte te neem. Opgesom: lig , bord en fokus .

Wenk 1: Lig

Beligting neem, met goeie rede, die eerste plek. Baie mense maak die fout om beligting te intens te maak en ontneem dan die produk van die natuurlike tekstuur. Dit is ‘n goeie idee om die ruimte so op te stel dat die ligbron van die kant van die kos af kom of van agter skyn. Natuurlike lig werk goed, veral as jy die toneel naby ‘n venster instel – oggendlig is ideaal.

Display your products in the best light possible—literally!

Oorweeg ook gerus om na ‘n ander deel van u huis te skuif as u minder lig direk by die produk nodig het. Hou by beligting wat ‘n sagter voorkoms gee.

Wenk 2: Borde

Stel jou voor hoe die kliënt uiteindelik die kos gaan opdien. Vra jouself af – hoe hou ek van my produkte? As u glo dat kruiskyk werk uitstekend saam met smullekker gebraaide aartappels en sampioene, oorweeg dit om ‘n aartappel en ‘n paar sampioenskyfies langs die vleis te sit. Dit “verf ‘n prentjie” vir kliënte en help hulle om te dink hoe hulle uiteindelik jou kos gaan geniet.

This is an example of going “above and beyond”!

Miskien sal hulle die foto sien en geïnspireer voel om met jou produk te eksperimenteer. Speel met aanvullende elemente langs u kos – ‘n ui, grasuie, ‘n paar takkies. Dink na oor wat die koper sal aanlok.

Maar hou dit eenvoudig. Minder is meer. Dikwels is die beste uitleg om jou produk ten toon te stel ‘n agtergrond mooi agtergrond met tekstuur – ‘n houtbord, ‘n ou bakplaat, ‘n leiklip of sement teël. Afhangend van die produk, kan jy ‘n enkele bak, bord, lepel of spaan byvoeg op daardie eenvoudige agtergrond.

Kleur- of tekstuurkontraste is ‘n goeie ding, solank u items eenvoudig is. Kyk hoe die appelkose hierbo uitstaan? Die houtkleure bied die ‘raam’ vir die kos. ‘n Bord of bak kan dieselfde doen. Ons beveel sterk aan om weg te skram van bont tafeldoeke of breekware met ontwerpe op.

Tydbesparende wenk: Neem sommer ‘n reeks foto’s tegelyk. Stel eers die toneel op (houtbord, bakplaat ens.) en begin dan foto’s neem! Dit verseker ook dat u foto’s eenvormig lyk. Kies ‘n sentrale tema en atmosfeer wat deurlopend vir al jou Plaasstal foto’s gebruik sal word.

Een ding is seker. Die sukses van jou Plaasstal lê verskuil in die wyse waarop jy jou produkte aanbied. Sielkundig gesproke sal verbruikers meer geneig wees om produkte te koop as hulle ‘n prentjie vorm. Maak ‘aptytwekkend’ en ‘lewensgetrou’ jou fotofokus. Verbruikers wil weet wat hulle koop – die vorm, die grootte, die voorkoms en ook die gevoel war dit hulle gee. Saam vorm dit die basis van hul besluit om te koop! Benut dit!

Wenk 3: Fokus

Oorweeg hoe jy die foto se fokus wil benut. Jy kan verseker die hele foto in fokus afneem, maar dit maak soms goeie sin om doelbewus dele van die foto uit fokus af te meem. Beplan waarop jy wil hê die kopers se oë moet fokus? Na jou leiklip agtergrong of eerder na die produk in die bak? Jy kan dus die koper se na ‘n fokuspunt dryf deur slegs ‘n gedeelte – die belangrike deel – van die foto in fokus te hê. (Op slimfone tik jy bloot op die deel van die skerm waar jy fokus wil prioritiseer).

Vir sommige produkte wil u ‘n ‘close-up’ foto kry om die fyn besonderhede van wat u verkoop, vas te lê. As u eiers afneem, fokus jy miskien net op die eerste paar en laat die res van die foto verdwyn (sien hieronder). Slaaiblare is nog ‘n wonderlike produk vir die ‘close-up’ tegniek!

See how this photographer captured the speckled details?

Onthou gerus: Produkfoto’s hoef nie perfek te wees nie – meer outentiek! Kry net daardie foto’s gereed sodat jy kan begin verkoop – jy kan hulle altyd later vervang … en die enigste manier om te leer om goeie foto’s te neem is om te begin!

PLAASWINKELS VIR DIE ENTREPRENEUR!

Open jou Plaasstal!

Default image
Die Mark Span