Waarde in ‘n Boks! Waarom die Plaaslike Subskripsie Model Werk!

Dit bly maar lekker om ‘n pakkie oop te maak! Dit het ek weer onlangs besef toe ek my aanlyn aankope van ‘n gewilde verskaffer by die voordeur ontvang. Met die voortsleur van die coronavirus-pandemie is veral boere op soek na onbenutte geleenthede om meer plaaslike kopers te bereik. En een van die belowende leweringsmodelle wat reeds wêreldwyd opslae maak, is die intekening op interressant-verpakte produkbokse. Kos is nie anders nie.

Kom ons gesels hier oor waarom intekening op produkbokse of kratte werk, wat om daarin te sit en hoe om dit op Plaaslekker direk aan verbruikers naby jou te bemark.

Waarde in ‘n Boks!

Mense wil nie altyd ‘n agterkwart, halwe vark of heel lam koop nie. Dit kan wees dat hulle kleiner vrieskaste het, nie ‘n groot gesin het nie (enkellopendes of paartjies!) Of hulle wil eers ‘n produk in kleiner maat probeer om seker te maak dit is na smaak. Meer en meer mense hou daarvan om direk plaaslik te koop en sodoende te weet waar hul kos vandaan kom. In die laaste paar jaar was daar ‘n toename in verbruikers wat klem lê op volhoubare, organiese en plaaslike produsente. Hulle wil graag weet watter standaarde en omgewingsstrategieë in die produseringsproses ingeweef is. Hulle waardeer deursigtigheid en wil plaaslik boere ondersteun terwyl hulle die ekonomie ‘n hupstoot gee. Keurig verpakte vars produkbokse lyk al hoe meer na ‘n wenresep!

Waarde Aanlyn!

Die toekoms is aanlyn. Dieselfde kopers wat graag ons boere wil ondersteun, is kopers wat lief is vir gerief. Hulle verwag om aanlyn bestellings binne ‘n japtrap met so min klikke as moontlik te plaas. Kan kopers vandag maklik aanlyn vleis by jou bestel? Hulle moet kan kyk watter verskeidenheid jy bied, dit in hulle mandjie voeg en ‘n aankoop enige tyd, dag of nag, kan maak. By Plaaslekker.com kan ons help! Ons help boere om aanlyn te kom en dit maklik te maak – dit is wat ons doen!

Waarde vir Wie?

Produkbokse & kratte is ideaal vir enkellopendes, paartjies, kleiner gesinne asook groot gesinne (veral as hulle inteken vir gereelde aflewering). Nuwe verbruikers wat iets nuuts wil probeer, bestel ook graag ‘sample’ boksies voor hulle die verskaffer by hul lys van gunstelinge voeg.

Navorsing het reeds klinkklaar bewys dat vars, paleo en organies gekweekte produkte voorkeur by meeste millenials geniet. Verbruikers wat maar die sente moet omdraai, die wat kleiner vrieskaste het en ouers wat vars as ‘n voorvereiste vir hul kinders se kosblikke kies, word toenemend deel van die groep wat aanlyn waarde soek.

Vandag kom daardie kom-ek-toets-eers produkbokse tot die boer se redding. Dit beloof om ‘n wonderlike bekendstelling tot elke boer se plaas en produkte te wees. So bietjie-vir-bietjie leer die verbruiker die boere in hul omgewing ken en vertrou.

Hoe om Waarde te Kombineer?

Dit is hier waar ons praat oor ‘produkmengsel’. As jy as boer slegs agterkwarte and halwe lammers aanbied, sal jy bestellings van mense wat kleiner hoeveelhede wil hê, misloop (sien ‘wie’ hierbo). In hierdie geval het jy ‘n baie beperkte produkmengsel wat die aantal kopers wat ‘n bestelling plaas, verminder. Dit is goed om met verskillende kombinasies en groottes te eksperimenteer sodat jou produkaanbod nommerpas vir ‘n breë spektrum verbruikers is. Hier is ‘n paar idees van ‘wat’ om aan te bied:

  • Verskillende groottes: klein boks, medium boks, groot boks, 1KG, 2KG, 10KG ens
  • Verskillende mengsels: gemengde snitte (maelvleis, wors, chops), gemengde vleis (heel hoender, varkworsies, beesvleis . . .)
  • Verskillende ‘temas’: Braaipak (steaks, hamburgers), Gesinspak (kindervriendelike snitte), Winter Wenner (stowevleis), Vadersdag Geskenkkrat . . .

Elke verbruiker het hul eiesoortige voorkeure en die doel is om aan hulle te gee wat hulle soek, sodat hulle jou produk sal koop. Een verbruiker wil dalk braaisnitte ‘soos nodig’ aankoop (wanneer die ruimte in die vrieskas beskikbaar raak!) ‘n Ander wil liewers ‘n gereelde maandelikse intekening maak (sodat haar produk aan die einde van elke maand afgelewer word). Ons sien ‘n toenemende gewildheid van gereelde maandelikse intekeninge op Vleisbokse (Hampers). Een ding staan soos ‘n paal bo water, verbruikers raak toenemend vertroud met aanlyn bestel en die pluspunt – hulle is nie van plan om op te hou eet nie. 

Die Plaaslekker Plaasstalle stel boere in staat om hul kontantvloei te verbeter en meer voorspelbaarheid en veerkragtigheid in hul boerderybedrywighede (oes- en leweringsdatums) in te bou.

PLAASWINKELS VIR DIE ENTREPRENEUR!

Open jou Plaasstal!

Default image
Die Mark Span