OMGEE

WANT 'N BOER MAAK MOS 'N PLAN!

Wie & Waarom?

JY'S GENOOI

WORD DEEL VAN DIE SKUIF NA PLAASLIKE BEMAGTIGING

Koop Direk van die Boer

Plaaslekker.com  gee verbruikers ‘n virtuele boeremarkervaring, waardeur hulle direk met plaaslike voedsel- en drankprodusente kan skakel sonder om ‘n voet buite hul voordeur te sit.

ONS PLAN

Plaaslik

Plaaslekker.com bied boere die platform om hul vars, ryp produkte direk aan verbruikers in hul omgewing te bemark.

ONS PLAN

Saamstaan

By Plaaslekker bied ons ‘Plaasstal’ ruimte aan boere, produsente en kunstenaars wat direk aan die verbruiker verkoop. Dit is baie soos ‘n opelug-boeremark waar verkopers kos, handwerk, geskenke, voorrade, gereedskap en meer aanbied.

Ons doel is om ‘n saamstaanruimte te bied waar kopers van regoor die land mekaar kan ontmoet, kommunikeer en produkte direk vanaf die plaas kan koop.

ONS PLAN

Virtueel

As kreatiewe medewerkers ontwerp ons Plaasstaleienaars hul eie winkel op die Plaaslekker Virtuele Mark.

Wat ‘n verfrissende wen-wen keuse om die plaaslike mark met u talent en koopkrag te bereik!

GEE OM

MAGNA RAUTENBACH

Jy's Genooi

“Duisende boere in Suid Afrika sukkel om hul plaaslike mark te bereik en sodoende hul surplus vars produkte van die hand te sit voor hulle skade ly. Plaaslekker is ‘n innovasieprojek wat die oplewing in digitale kommunikasie benut om marktoegang te verhoog en die  voortbestaan ​​vir ons boere te help verseker.”

Word vandag nog deel van ons Plaaslekker Gemeenskap! 

Magna
GEANKER IN OMGEE

Ons Passie & Pad Vorentoe

Een van die kerneienskappe van ons boeregemeenskap was nog altyd die vermoë om ‘n plan te maak. Ons het ‘n sterk ingebore talent om entrepreneurs te wees. Die Plaaslekker platform gee boere regoor Suid Afrika die tegnologie om in hierdie moeilike tyd hul entrepreneursgees te herontdek en dit vir hulle te laat werk.

Ons werk saam om ‘n ekosisteem te fasiliteer wat entrepreneurs en verbruikers bemagtig. Ons Plaasstalle is kreatiewe, aanlyn plaaswinkels vir boere wat hulle vars produkte, vars gebak, vleisprodukte en allerlei ander erfstukke & bruikbaarhede in hul omgewing wil verkoop. Ons glo almal moet toegang tot vars produkte hê. Ons aanlynwinkel bied dus ‘n wye verskeidenheid produkte vanaf elke hoekie op ons plase vir almal in die omgewing om teen mededingende pryse te bekom. Ons plaasstaleienaars is ons betroubare vennote in die versekering van gehaltebeheer en uiterste kliëntetevredenheid.

Ons bevorder ‘n positiewe ingesteldheid onder ons gebruikers. Saam kies ons om liewer die blinkkant van situasies raak te sien en planne te maak om die donker af te weer. Kreatiwiteit en pretmaak, met ‘n effens tong-in-die-kies ingesteldheid help ons om oplossings te vind en ‘n verskil te maak. Ons inspireer die verbruiker om plaaslik aksie te neem.

Ons deel kennis, wenke en advies. Ons deel suksesstories en inspireer ander tot nuwe hoogtes. Saam vorm ons ‘n gemeenskap – ‘n koöperasie!

As gemeenskap bevorder ons volhoubare voorbestaan en streef ons om dit so deursigtig as moontlik te bestuur.

Ons glo dat wêreldklas standaarde die voorsprong gee om plaaslik sukses te behaal.

BLY OP HOOGTE

Kry ons Nuus per Epos

GEREED?

WORD DEEL VAN ONS NISMARK?

Open Jou Plaasstal